Outside of the reception office at Skukuza in the Kruger National Park is a beautiful pond, which by night is transformed into a stage for dozens of frogs of various kinds. For us it has become a tradition to visit the pond every night we spend in Skukuza to admire the sights and sounds of animals that are becoming ever more rare in the modern world.
We’d love for you to join DeWetsWild on a guided tour of the Kruger National Park or to help you arrange a self-guided visit. Don’t hesitate to reach out!

Vir sulke klein lyfies, kan hulle nogal hard kwaak! Hier in ons tuin in Oos-Londen klink dit saans soos ‘n padda koor (seker omdat die Nahoon rivier hier vlak by ons verby vloei). Maar my gilletjie is altyd harder as hulle kwaak as ons dalk mekaar erens onverwags raakloop!
Pingback: A final round-up of our January ’24 visit to the Kruger National Park | DeWetsWild
Ek stem saam met Frannie dat die padda darem vir jou regte groot plat pote het. Hy kan seker met spoed wegtrek as hy skrik. Hier op buurplaas is daar n dam waar paddas met tye heerlik gesels sodra dit koeler word. Eks seker dis twee families want dit klink altyd aan hierdie kant en dan antwoord die anderkant.
Die padda in die openingsfoto is n Platanna, Ineke. Hulle bly byna uitsluitlik in die water en so wonderlik as wat daardie groot gewebde pote is vir swem so hinderlik is hulle op droe grond (dink maar aan hoe rats robbe in die water is en hoe hulle sukkel op die land)
Dis waar. Noudat ek nader kennis gemaak het met eende sien ek hul is ook maar nie lekker met die loop op droëe grond nie. Geen wonder hul kan nie hul kleintjies beskerm nie. Klein eendjies slaap nie sommer onder ma se vlerke soos hoenders nie.
Sulke interessante geluide, de Wet. My Sakkie-hond het sy ore gespits en kop gedraai vir al dié padda-gepraat. Ons het so ñ geelerige, vet padda hier, grawe homself onder die sand in, vlak. As jy dus stap, kaalvoet, want skoene werk nie hier nie, eindig jy maklik met ñ padda wat op jou voetbrug vasklou! Grillerig! Ek het hulle name begin gee.🤔😉
Dit kan nie n lekker gevoel wees om op n padda te trap nie, Una, en ek dink dis nog erger vir die arme padda – veral as ek per ongeluk op hom sou trap!
Paddas is baie minder grillerig as mens eers meer oor hulle begin leer. Ons het n ongelooflike verskeidenheid hier in Suider-Afrika en omdat hulle so n sensitiewe dier is is hul teenwoordigheid darem gerusstellend dat die omgewing nog nie heeltemal omver gegooi is nie. Jammerlik kan mens dit nie meer se van meeste van ons dorpe en stede nie.
You have drawn my attention to something I have not done before. We live so far from Kruger that it takes a while to get there and – not its fault! – we tend to use Skukuza as a stopping over point to get to other camps such as Satara or Berg-en-dal. I generally find it difficult to accept that caravanners especially leave little space for a small tent once they move in and spread themselves around. So, Skukuza is tended to be used as a base for a day or three before we settle somewhere else less crowded. However, when next (I wish!) we travel to Kruger, I will make a point of visiting this pond at night 🙂
You will not be disappointed, Anne! We love walking around the camps after dinner, looking for nocturnal creatures inside or along the fence.
Die voorbladpadda het behoorlike paddapote!
Dis n ou platanna wat so goed aangepas is vir lewe in die water, Tannie Frannie!